Welkom by Afriklok – Spesialiste in klokstelsels en dieselbeheerstelsels

Click here for the English version of this website

Welkom by Afriklok – spesialisvoorsieners van tyd- en bywoningstelsels sowel as lonestelsels en dieselbeheerstelsels. Die meeste ondernemings ervaar die noodsaak daarvan om stiptelike diensbywoning te monitor, ten einde gladde werking van hulle besigheid te verseker. By Afriklok het ons ‘n verskeidenheid produkte om presies dit te help doen.

Ons voorsien beide hardeware en sagteware vir klokstelsels en dieselbeheerstelsels. Ons produkte is vir Suid-Afrikaanse toestande en wetgewing ontwerp en het die toets van die tyd reeds deurstaan.

AndroidAfrikaans

Die onderneming bestaan sedert 1989 en het reeds meer as 2500 kliënte wat jaarliks hernu. Ons poog om ons produkaanbieding kompeterend te hou met deurlopende produkontwikkeling en verfyning, en ook deur ons pryse vir so lank moontlik vas te hou. As u elders ‘n vergelykbare produk teen laer pryse raakloop wil ons graag daarvan weet.

Buiten vir ons staatmaker-stelsels wat met drukknoppies (“Dallas i-buttons”) werk, voorsien ons ook biometriese klokstelsels (beide vingerafdruk– en gesigherkenning-stelsels) sowel as dieselbeheerstelsels wat die uitreiking, behoorlike boekstawing en gebruik van diesel in die veld hanteer. Hiermee word die terug-eis van u SARS dieselrabat maklik en probleemvry hanteer.

Al ons produkte is ontwerp met die uitgangspunt dat hulle ‘n minimum van ondersteuning benodig om te funksioneer. Ons eie produkte (die drukknoppie-reekse) het ‘n twee-jaar waarborg, terwyl biometriese eenhede ‘n een-jaar vervaardigerswaarborg dra. Indien u ‘n probleem ervaar, sal ons ‘n oplossing vind – hetsy per telefoon met of sonder “Teamviewer” toegang, of dan uiteindelik, indien werklik nodig, deur middel van tegniese ondersteuning op terrein.

Ons rykdom van gevestigde kliënte en jare ervaring bevestig die kwaliteit van ons produkte. Laat ons u help om minstens sommige van u probleme met arbeid aan te spreek.

 

Klokstelsels, lonestelsels en dieselbeheerstelsels