Android-gebaseerde klokstelsel

Ons het ‘n oplossing vir gebruik met kleiner werkertalle of wydverspreide werkspanne, waar die aankoop van ‘n klokterminaal tipies nie geregverdig kan word nie. Dit bestaan uit ‘n Android-toepassing met opsionele web-gebaseerde skakeling na ons tyd- en bywoningstelsel.

Die klokstelsel is bedoel vir Android 4.0 of nuwer – dit sal glad nie op vorige weergawes werk nie, maar die meeste nuwer Android-slimfone sal wel kan werk. As u met QR-kodes of NFC plakkers wil werk, moet u foon effens beter as die minimum wees, aangesien die tipiese “budget” fone se kameras swakker is en hulle ook nie normaalweg NFC lesers het nie. Die goedkoper fone sal wel goed werk met handkloktransaksies.

As u wonder of u foon geskik is, moet u die app asseblief aflaai en self toets – ons het geen manier om elke moontlike model te toets nie.

As u ‘n Windows-slimfoon, ‘n BlackBerry of ‘n Apple iPhone het kan ons u egter ongelukkig nie help nie – daar is tans geen planne om hierdie platforms te ondersteun nie.

Om te toets: Laai die program vanaf die “Google Play Store” af – tik eenvoudig “Africlock” in die Play Store se soekfunksie. U kan dit ook hier sien: https://play.google.com/store/apps/details?id=za.co.clock.africlock

Die toepassing laat u toe om nuwe werkers op die foon te registreer en dan in en uit te klok met ‘n hand-aksie, of deur middel van QR-kodes of NFC-plakkers (hierdie is ‘n spesiale soort RFID plakker wat spesifiek op slimfone gemik is).

Die toepassing is gratis om af te laai en in sy eenvoudigste opstelling te gebruik – dit beteken dat u die kloktransaksies per e-pos aan u kantoor kan stuur.

Wanneer u die foon tesame met die Afriklok-program gebruik, kan dit via ons webtuiste kommunikeer om data outomaties heen en weer te stuur, soos volg:

  • Outomatiese oordrag van klokdata na ons webtuiste elke nag (tussen 00:00 en 05:00) vanwaar die Afriklok-sagteware dit dan sal oorlaai;
  • U kan enige tyd van die dag of nag ‘n handtransaksie doen om data direk oor te laai sonder om te wag vir die outomatiese aksie – byvoorbeeld tipies op betaaldag sodra almal uitgeklok het;
  • Aflaai van werker-fotos vanaf Afriklok;
  • Aflaai van swartlys deur Afriklok geskep.

Daar is ‘n vaste jaarfooi van R300 per foon vir die gebruik van die web-gebaseerde oordragfunksionaliteit. Hierdie fooi sal as deel van die jaarfooie vir die Afriklok-stelsel gehef word.

Kliek hier vir die gebruikshandleiding (slegs in Engels beskikbaar)

Kliek hier om u Android-slimfoon te registreer

Let wel: Die registrasiekode vir die Android-foon sal alleenlik per SMS aan die nommer wat u versoek, gestuur word. Hierdie is vir u eie beskerming.

Klokstelsels, lonestelsels en dieselbeheerstelsels