Ons het ‘n oplossing vir gebruik met kleiner werkertalle of wydverspreide werkspanne, waar die aankoop van ‘n klokterminaal tipies nie geregverdig kan word nie. Dit bestaan uit ‘n Android- of iPhone-toepassing met web-gebaseerde skakeling na ons tyd- en bywoningstelsel.
Die klokstelsel is bedoel vir Android 6.0 of nuwer – dit sal glad nie op vorige weergawes werk nie, maar die meeste nuwer slimfone sal wel kan werk. As u met QR-kodes of NFC plakkers wil werk, moet u foon effens beter as die minimum wees, aangesien die tipiese “budget” fone se kameras swakker is en hulle ook nie normaalweg NFC lesers het nie. Die goedkoper fone sal wel goed werk met handkloktransaksies.
As u wonder of u foon geskik is, moet u die app asseblief aflaai en self toets – ons het geen manier om elke moontlike model te toets nie.
As u ‘n Windows-slimfoon of ‘n BlackBerry het kan ons u egter ongelukkig nie help nie – daar is tans geen planne om hierdie platforms te ondersteun nie.
Om te toets: Laai die program vanaf die “Google Play Store” of die Apple store af – tik eenvoudig “Africlock” in die Play Store of App store se soekfunksie.
Die toepassing laat u toe om nuwe werkers op die foon te registreer en dan in en uit te klok met ‘n hand-aksie, of deur middel van QR-kodes of NFC-plakkers (hierdie is ‘n spesiale soort RFID plakker wat spesifiek op slimfone gemik is).
Wanneer u die foon tesame met die Afriklok-program gebruik, kommunikeer dit via ons webtuiste om data outomaties af te laai, soos volg:
- Outomatiese oordrag van klokdata na ons webtuiste, vanwaar die Afriklok-sagteware dit dan sal oorlaai;
- U kan enige tyd van die dag of nag ‘n handtransaksie doen om data direk oor te laai sonder om te wag vir die outomatiese aksie – byvoorbeeld tipies op betaaldag sodra almal uitgeklok het.
Daar is ‘n vaste jaarfooi van R300 per foon vir die gebruik van die web-gebaseerde oordragfunksionaliteit. Hierdie fooi sal as deel van die jaarfooie vir die Afriklok-stelsel gehef word.
Kliek hier vir die gebruikshandleiding (slegs in Engels beskikbaar)
Let wel: Die registrasieproses vir die foon stuur ‘n OTP per SMS aan die foon. Voor hierdie sal werk moet u ons die foonnommer laat kry sodat ons dit kan aktiveer.