Prysbeleid en waarborg

Ons beleid is om pryse so lank as moontlik vas te hou. Pryse word tipies elke tweede jaar aangepas, en die meerderheid produkte se pryse is al veel langer as dit op dieselfde vlak. Ons glo dat ons pryse baie kompeterend is en dat weinig ander aanbiedinge met ons kan kompeteer in terme van funksionaliteit.

Ons moedig dus vergelyking aan, en as u werklik glo dat u ‘n beter transaksie in die mark gevind het, sal ons dit waardeer as u die feite onder ons aandag kan bring.

Produkwaarborg

Al ons eie produkte word vir twee jaar vanaf aankoop gewaarborg. Bykomend hiertoe, as ons sou meen dat die probleem of defek latent was met aankoop, sal ons in eie diskresie herstel of vervang selfs na verloop van die aanvanklike tweejaar-waarborgperiode.

Let wel: Alle biometriese produkte (vingerafdruk- en gesigherkenningsklokke) en dieselmeters dra die standaard-waarborg van een jaar soos deur die produkvervaardiger ondersteun.

Die produkwaarborge sluit spesifiek waterskade en weerligskade uit, sowel as fisieke beskadiging deur nalatige hantering. Ons tegniese personeel sal vasstel of enige van hierdie oorsake betrokke is, en hulle besluit is finaal, maar sal altyd op sigbare bewys gebaseer word – as die skade dus onsigbaar is, sal ons nie agter ‘n vermoede wegkruip nie.

Klokstelsels, lonestelsels en dieselbeheerstelsels