Gesigherkenningstelsels

Hierdie stelsels is ‘n nuwe benadering tot biometrie, en bied ‘n oplossing in rowwe omgewings, waar vingerafdruk-klokke potensieel problematies kan wees. Die stelsel maak van gevorderde gesigherkenningstegnologie gebruik, instede daarvan om ‘n vingerafdruk wat vuil, verslete, olierig of beskadig kan wees te probeer identifiseer. Die tipiese probleme wat met vingerafdrukke ervaar word, word dus uit die weg geruim.

Omdat die stelsel geen kaarte of drukknoppies gebruik nie, is daar niks om te verloor of tuis te vergeet nie, en dit verminder dus ook die administratiewe aksies rondom hierdie probleme.

Die klok self is ‘n alleenstaande instrument met battery-rugsteun wat vir 24 uur kan hou tydens kragonderbrekings – dit benodig wel 220V krag om die battery volgelaai te hou. Klokdata word met behulp van ‘n USB datastokkie of via u eie rekenaarnetwerk oorgelaai.

Spesifieke voordele bo ander stelsels, byvoorbeeld vingerafdrukke:

  • Nie geaffekteer deur vuil hande of verslete vingerafdrukke nie – geen fisiese kontak met die klokinstrument nie;
  • Robuuste oplossing vir rowwe omgewings – die klok word binne ‘n sterk staalkas gemonteer;
  • Geloofwaardige afskrikmiddel vir klokbedrog: Dit is ‘n besonder dom of besonder dapper werker wat “buddy clocking” op hierdie instrument sal probeer;
  • Werkers wat probleme met gesigherkenning ervaar kan ook met behulp van ‘n vingerafdruk klok (slegs die kombinasie-model) of andersins met ‘n goedkoop RFID-kaart. Solank daar net enkele van hierdie kaarte gebruik word, skep dit nie werklik geleentheid vir klokbedrog nie.

VOORBEELDE:

Gesigklok (FC1) met vingerafdruk-opsie

faceclock1

Klein gesigklok (FCMINI) sonder vingerafdruk-opsie

faceclockmini

Klokstelsels, lonestelsels en dieselbeheerstelsels