Vingerafdruk-stelsels

Hierdie produkkeuse is op bewese tegnologie gebaseer en werk uitstekend in geskikte omgewings – met ander woorde, waar werkers se arbeid nie hulle vingerafdrukke affekteer nie. Spesifieke voorbeelde van negatiewe omgewings is konstruksie, boerderye en werkswinkels. Daar gaan vir seker frustrasies wees om die tegnologie hier aan die werk te kry, en ons gaan waarskynlik nie 100% korrekte werking kan verkry nie. Ons sal nooit voorgee dat vingerafdrukke ‘n oplossing vir alle probleme is nie, en dit word in ons produkreeks ingesluit omdat dit in sommige situasies ‘n goeie oplossing bied. Voorbeelde van positiewe omgewings is spyseniering, kantore en vulstasies.

SPESIFIEKE VOORDELE

  • Elimineer maatjies wat help (“buddy-clocking”);
  • Relatief goedkoop oplossing met bewese tegnologie;
  • Geen klok-knoppies of kaarte om te verloor of tuis te vergeet nie;
  • Robuuste staalkas wat kwesbare komponente beskerm;
  • Werkers met problematiese vingerafdrukke kan wel met ‘n “RFID” tipe kaart klok.

Klokstelsels, lonestelsels en dieselbeheerstelsels