Hierdie sagteware is die hart van ons tyd- en bywoningstelsel. Dit bied die mees omvattende reeks opsies in enige kommersieel beskikbare tyd- en bywoningstelsel in die Suid-Afrikaanse omgewing. Die volgende is ‘n kortlys van beskikbare funksionaliteite:
- Onbeperkte aantal tydskedules;
- Onbeperkte op- en afronding van aankoms- en vertrektye
- Seisoenswisselings;
- Verskillende werksure op betaaldae;
- Vaste werkskedules of skiktyd;
- Vaste maaltyd-ure kan gedefinieer en outomaties afgetrek word;
- Afspeel van oortyd teen korttyd;
- Wye reeks verslae ontwikkel oor baie jare en met baie gebruikers;
- Reëls vir reëndae;
- Massa-verstellings van werktye vir alle werkers op ‘n gegewe datum;
- Alle data en verslae kan na ‘n komma-begrensde lêer (“CSV file”) uitgevoer word vir verdere verwerking in iets soos Excel of OpenOffice, en alle verslae kan na PDF-formaat uitgevoer word om maklik per e-pos versend te word;
- Die stelsel maak voorsiening vir uitvoer na eksterne loonstelsels, byvoorbeeld VIP Payroll, Pastel Payroll, Quickbooks en ‘n paar ander. Nuwe uitvoere word op aanvraag ontwikkel, mits die lonestelsel wat u gebruik darem in redelik algemene gebruik is in Suid-Afrika.
ClockCard.pdf
TimeSheet.pdf