Ondersteuning en diens – Afriklok

Ons hardeware en sagteware is ontwerp met die mikpunt om die hoeveelheid ondersteuning nodig vir ‘n suksesvolle stelsel, tot die minimum te verminder, ten einde koste vir die eindgebruiker so laag moontlik te hou.

Wanneer ondersteuning wel nodig is, probeer ons ons bes om die probleem telefonies (met moontlike byvoeging van koerierdienste) op te los sonder om reiskoste en reistyd aan te gaan.

Doen asseblief die moeite om ons jaarlikse fooie met enige van ons kompetisie te vergelyk. Let ook daarop dat die jaarfooie verpligtend is – dit word ten volle gebruik om ondersteuning en verdere ontwikkeling van die sagteware te finansier – ons maak dus nie wins op jaarfooie nie. Om presies te wees, word verdere ontwikkeling ook uit nuwe verkope gesubsideer.

Ondersteuning word in twee kategorieë voorsien:

  1. Telefoniese ondersteuning (insluitend ondersteuning met behulp van Teamviewer) word deur die jaarfooie gedek. Ten einde hierdie fooie op ‘n redelike vlak te hou, moet gebruikers die hulplyn teen hulle eie koste skakel. Daar is geen beperking op die aantal of tydsduur van hierdie oproepe nie, maar ons behou die reg voor om die jaarfooi te dupliseer vir meerdere gebruikers as meer as een individu per installasie op gereelde basis skakel vir ondersteuning.
  2. Ondersteuning op terrein word NIE deur die jaarfooie ondersteun nie, en word teen uurtariewe plus reistariewe per kilometer verreken.

 Ons kantoorure is 07:30 tot 17:00 – let asseblief daarop dat ons GEEN waarborg gee dat u buite hierdie ure hulp sal kan kry nie. Ons het ook private lewens weg van die kantoor, en verder is daar ook werk wat in stilte, dus sonder telefone, gedoen moet word. Glo dit as u wil, maar ons is al om DRIE-UUR in die oggend vir hulp geskakel.

As u dus wel ‘n na-ure noodgeval het, kan u vir ons ‘n e-pos stuur by support@clock.co.za, en die probleem kortliks uiteensit. As daar op daardie tydstip iemand beskikbaar is om te help, sal ons u kontak. Andersins sal ons u kontak wanneer iemand beskikbaar raak.

Wysigings aan sagteware:

Let wel dat ons GLAD NIE onderneem om op versoek ENIGE veranderings aan die sagteware aan te bring nie. Versoeke wat ons wel ontvang, word op ‘n lys geplaas vir oorweging en uiteindelike besluitneming deur ons self alleen, en met oorweging van die uiteindelike potensiële nut van enige verandering vir ander gebruikers ook.

Klokstelsels, lonestelsels en dieselbeheerstelsels