DIESELMETERS

Daar is ‘n wye verskeidenheid van dieselmeters op die mark beskikbaar, met verskillende kostes, vloeitempo’s en akkuraatheid. Dit is belangrik dat u die regte keuse maak – mens kan nie die goedkoopste meter kies en dan verwag dit moet super-akkuraat wees en hoë vloeitempo’s kan akkommodeer nie. Ons uitgangspunt is om die keuse hieroor aan die kliënt oor te laat.

Die goedkoopste meter waarmee ons kan werk, is die tipe wat normaalweg op dieselkarretjies gemonteer word. Ons het sensors ontwikkel wat met die Piusi-meter (K33 en K44) en die Jerrycar-meter gebruik kan word. Hierdie meters is nie besonder akkuraat nie – wanneer nuut, is hulle normaalweg binne 1% van die werklike syfer MITS die vloeitempo tussen ongeveer 10 liter per minuut en 80 liter per minuut bly, en MITS hulle met moeite gekalibreer word. Teen baie lae vloeitempo’s raak hulle ERG onakkuraat – as u dus die laaste paar liter baie stadig gooi om die tenk presies vol te kry, kan u weet dat die lesing baie onakkuraat sal word. Hierdie meters is ook glad nie geskik waar u hoë vloeitempo’s wil handhaaf nie – vir hierdie gevalle moet u tipies ‘n groter (en tipies ook veel duurder!) meter aanskaf. Ons kry dit wel reg om ‘n redelike resultaat uit die goedkoper tipe meter te verkry deur ‘n aanpassing in die sagteware te doen. Dit het tot gevolg dat die meterlesing op die meter self tot soveel as 8% verskil van die “regte” lesing soos op die elektroniese skerm vertoon. In hierdie geval is die verskil in lesings NIE ‘n aanduiding van iets wat “verkeerd” is nie, maar eerder dat daar ‘n regstelling gedoen is.

As akkuraatheid baie belangrik is, kan ons ‘n meter voorsien wat soortgelyk is aan die wat in kommersiële pompe (soos by ‘n vulstasie) gebruik word. Hierdie meters is ontwerp om teen baie lae vloeitempo’s steeds akkuraat te wees, en hulle verloor tipies ook nie so gou hulle akkuraatheid met ouderdom nie. Hulle kos wel meer as dubbel soveel as die goedkoper soort meter.

As u reeds ‘n bestaande vulstasie-tipe pomp gebruik, bied dit normaalweg ‘n  maklike en redelike goedkoop oplossing, omdat ons dan net ‘n sensor installeer wat dan die meterlesing direk uit die pomp lees. Dit maak nie veel saak as die pomp oud is nie – daar is wel ook mense wat hierdie pompe kan herbou en herstel indien nodig.

Klokstelsels, lonestelsels en dieselbeheerstelsels