Gaan na die hoofskerm van Afriklok – sien die skermafdruk hieronder – soek die opsie “3 Inlees van registrasiekodes”
Kliek op die opsie en vul die kodes wat ons gestuur het PRESIES soos hulle by u uitgekom het, daar in.
Algemene foute om te vermy:
- Kodes moet in die regte openinge ingevul word: Tydsberekeninge by Tydsberekeninge en Betaalstrokies by betaalstrokies.
- Vervaldatums moet OOK nuut ingetik word
- Die geregistreerde gebruikersnaam moenie verander word nie.
As dit wel nodig is om die naam te verander moet u ons EERS skakel sodat die kodes op die nuwe naam uitgereik kan word, anders gaan u stelsel beslis ophou werk.
WAAROM IS HIERDIE MOEITE MET KODES NODIG?
Registrasiekodes beskerm ons teen ongemagtigde gebruik van die sagteware. Die program verteenwoordig intensiewe ontwikkelingswerk oor ‘n periode van meer as tien jaar, en daar is ongelukkig oneerlike mense daar buite wat nie verstaan dat, vir die program om te groei en ondersteun te word, dit deur gebruikers ondersteun moet word – sodoende word die koste billik deur al die gebruikers gedra.