AVAST false positive

AVAST Anti-virus false alarm

21 September 2013 AVAST Anti-virus false alarm

Alle gebruikers van Africlock en AVAST anti-virus. (English version follows below)

null

Let asseblief daarop dat AVAST op die oomblik (heeltemal verkeerdelik!) ‘n probleem sien met Africlock se sagteware en dan word die program outomaties gestop en ‘n deel word selfs uitgewis. Sien die illustrasie hierby. GEEN ander antivirus-pakket maak hierdie fout nie en daar is BESLIS nie virusse in ons sagteware nie.

Ons het reeds met AVAST in verbinding getree en die probleem behoort hopelik binnekort opgelos te wees. Intussen sit ons egter wel met ‘n krisis want u kan moontlik nie die stelsel gebruik nie en die maandeinde is naby.

Die enigste manier om Africlock te kan gebruik as u die fout soos beskryf, ervaar, is om AVAST heeltemal af te skakel. Hierdie is wel gevaarlik en ons beveel aan dat u intussen ‘n ander antivirus-pakket installeer (enige van die bekendes soos Kaspersky, McAfee, NOD32, Trend of wat ookal). U kan AVAST wel tydelik afskakel, soos volg:

Regs onder op u Windows-skerm is daar ‘n klein oranje “icon” met die kleinletter “a” daarop. As u dit regskliek verskyn ‘n paar opsies – kies “Avast: Shields Control” en kies dan “Disable permanently”. Kliek dan “Yes” op die bevestiging wat dit vra. Hierna kan u Africlock weer van ons webtuiste af installeer deur hierdie skakel te gebruik: http://www.clock.co.za/setupafriclockminimal.exe

Onthou om AVAST hierna weer aan te skakel, maar wees bewus daarvan dat die probleem dan weer gaan voorkom totdat AVAST hulle fout regstel.

All users of Africlock and AVAST antivirus

Please note that AVAST currently (completely wrongly!) identifies Africlock as a virus problem and then automatically disables the program by deleting some components of it. NO other antivirus does this, and we MOST DEFINITELY do not have viruses in our software.

We have already contacted AVAST and we believe that the problem will be resolved soon, however, in the mean time we have a crisis and the month-end is approaching fast.

The only way to be able to use Africlock at the moment, should you experience this problem, is by completely disabling AVAST. This is dangerous and we recommend that you install a different antivirus (Kaspersky, NOD32, McAfee or any other well-known product). You can disable AVAST as follows:

At bottom right on your Windows screen, you will see an orance icon with the letter “a” on it. Right-click this icon, then select “Avast” Shields control” and then “Disable permanently”. Click “Yes” on the confirmation request. When done, you will be able to download Africlock again using this link: http://www.clock.co.za/setupafriclockminimal.exe

Remember to turn AVAST back on, but understand that you will have the problem until you replace AVAST with something else, or until AVAST hopefully fixes their error.